skip to Main Content

My naam is Rohanne Esterhuyse en ek kom van ‘n klein dorpie in die Noord-kaap met die naam Williston. Ek is lief vir die natuur, avontuur, en omtrent enige sport.

Ek is passievol oor die idee dat ons altyd kan verbeter en glo dat dit ons verantwoordelikheid is om al die gawes waarmee God ons seën te
probeer ontwikkel tot die beste van ons vermoë (Matt 25:16). Ek glo ook dat dit ons verantwoordelikheid is om die mense om ons met hierdie gawes te dien.

“When I stand before God at the end of my life, I would hope that I would not have a single bit of talentleft and could say, ‘I used everything You gave me.’” – Erma Bombeck

Back To Top