skip to Main Content

Wellness and Adventure Lifestyle Centre

OUR SERVICES

   WORKSHOPS

Hoe doen mens ‘n squat?
Hoe doen mens ‘n lunge?

Wat is die korrekte manier om funksionele oefeninge uit te voer?

HOE DOEN MENS… is ‘n werkswinkel, ontwerp om jou te leer om al die basiese oefeninge op die regte manier en met die korrekte postuur uit te voer.

Lê vir jouself die korrekte grondslag vir ‘n suksesvolle oefen program.

Kliek op die skakel hieronder om te sien wanneer die volgende werkswinkel aangebied word.

Enkel, knie en dy beserings is ‘n algemene verskynsel.

Strapping is ‘n eenvoudige, vinnige en maklike tegniek om simptome te verlig, stabiliteit te bied vir ‘n gewrig of bietjie lading van ‘n spier af te haal.

Om die vermoë te hê om iemand te kan strap is beslis ‘n vaardigheid wat baie handig te pas kan kom op ‘n kritieke tyd.

Koste beloop R500, wat ‘n twee rolletjies Strapping insluit (een vir praktiese oefeninge tydens werkswinkel en die ander vir daai dag wat die popo die papaya tref).

Bring vir jou ‘n persoon saam waarop jy hierdie tegnieke kan oefen.

Kliek op die knoppie hier onder om te sien wanneer die volgende werkswinkel plaasvind.

Om ‘n gesonde en gebalanseerde leefstyl te kweek kan baie uitdagend wees.

Om ‘n plan te kry wat maklik en volhoubaar is is bykans onmoontlik.

Hierdie werkswinkel beskryf die komponente waaruit ‘n gebalanseerde leefstyl bestaan en gee vir jou so paar wenke om dinge maklik in balans te hou.

Om gesond en gebalanseerd te lewe kan regtig maklik en lekker wees.

Hierdie insiggewende werkswinkel bestaan uit twee een-uur lange sessies, met ‘n koffie breek tussenin.

R250 per persoon.

Sluit ‘n gesonde leefstyl riglyn kaart asook 4 oefen sessies in by 4T8 Fit.

Belê gerus in jou leefstyl deur in te skryf vir hierdie werkswinkel.

Kliek op die knoppie hieronder om te sien wanneer die volgende werkswinkel aangebied word.

Kliek ook hier om in te skryf.

Sê wat jy wil, maar wanneer dit by skole sport kom is die druk besig om ernstig toe te neem op kinders.

Vir kinders om hulle “kop reg te hou” om so goed as moontlik te presteer is baie uitdagend.

LEER SWEET KOP SKUIF is ‘n werkswinkel wat ontwerp is om ouers en kinders te help om die konsep van ondersteuning, motivering en fokus optimaal te begryp.

Die regte “mindset” kan ‘n reuse verskil maak op ‘n kind se prestasie.

Sielkundige en geestelike konsepte word eenvoudig en genotvol saamgevat in hierdie dinamiese 3 ure werkswinkel.

Kliek op die knoppie hieronder om te sien wanneer die volgende werkswinkel aangebied word.

   EVENTS

Bring die beste uit jou mense na vore.
Daar is ‘n seëning waar daar eenheid is.

Die beste resultate is gewoonlik ‘n natuurlike gevolg van eenheid.

Help jou span om op dieselfde frekwensie te kom en om mekaar beter te verstaan en in liefde te verdra.

Die krag van doelgerigte spanwerk is van onskatbare waarde.

Skool groepe, sport spanne of korperatiewe groepe kan almal baat by ‘n heerlike, prettige spanbou dag.

Vir ‘n kwotasie; kliek op die knoppie hier onder en voltooi die kort vorm.

Hulle sê dat jy ophou speel as jy ouer raak, ons glo jy raak ouer omdat jy ophou speel.

Ons kan almal maar erken dat daai kind binne ons nog altyd daar is en net weer ietsie lekker soek om te doen.

Maak jou maats bymekaar en skryf in vir ‘n heerlike Skatte jag.

Alhoewel jy kompeteer vir die wen bied hierdie aktiwiteite vir jou die geleentheid om die kind in jou uit te bring en lekker saam beste vriende te speel en te lag.

Om uit te vind wanneer die volgende skattejag is, kliek op die knoppie hier onder.

Ontwerp om kinders te leer hoe om oefeninge korrek en optimaal uit te voer.

Kinders leer basiese anatomie van die belangrikste spier groepe soos wat hulle oefen.

Die program word weekliks aangebied om 14:00 in die middae. Maandae en Woensdae by ons Groenvlei tak en Dinsdae en Donderdae by ons Universitas tak.

Vir meer inligting kliek op die knoppie hieronder.

Family Friendly 5km route. Walk / Run for fun and raise some funds for your school. We start at Novel Wellness Centre in Groenvlei. Contact us for more details.

FREE STATE CLUB CHAMPS
We are proud to be associated with this great event from the Running Edge.

Each year the Running Clubs from Bloem get the opportunity to challenge each other in this epic event.

STANDARD BANK BUSINESS RELAY
This is one of the biggest running events on the Bloemfontein Running Calendar.

Great event for networking and building new relationships.

   FITNESS PROGRAMS

Om weer aan die oefen te kom kan soms soos ‘n berg voor jou lê.

Ons verwag gewoonlik die ergste en speel ‘n toneel in ons kop af wat die verwagting by ons skep dat die oefen sessie gaan eindig waar jy agter in die ambulaans lê terwyl iemand jou geliefdes bel om afskeid te neem.

Ons het baie simpatie met ‘n persoon wat lanklaas of selfs nooit van te vore geoefen het nie.

M.I.C is ontwerp om jou te help om op ‘n rustige en veilige manier weer aan die oefen te kom.

Kliek op die knoppie hieronder indien jy meer inligting verlang.

Is jy ernstig oor oefen en om jou doelwitte te bereik?
Is jy doelgerig en lus om lekker te sweet?

H.I.T is die program vir jou!!

Hierdie program is ontwerp om alle spiergroepe optimaal te oefen.

Wetenskaplike kombainasie van kardiovaskulêre en weerstands oefeninge om optimale spier definiese en vet verbranding te verseker.

Uit ervaring weet ons dat hierdie populasie gemotiveer word deur vooruitgang te sien.

‘n Spesifieke toets battery word een keer elke kwartaal herhaal om vordering te monitor.

Kliek op die knoppie hieronder indien jy meer inligting verlang.

Is jou doelwit om jou sport prestasie na ‘n volgende vlak te neem of om beserings te voorkom?

Optimale postuur en goeie stabiliteit kan baie beserings voorkom en selfs pynverligting mee bring.

Om die korrekte spiere optimaal te gebruik kan ‘n reuse invloed hê op jou sport prestasie.

Oefen jy vir ‘n spesifieke kompetiesie of wil jy net die beste in jouself na vore bring?

C.A.L.L.S.S is ontwerp om veral kern stabiliteit en onderste ledemaat stabiliteit aan te spreek. Versterking word dan bo op hierdie stabiliteit fondasie te bou.

Kliek gerus op die knoppie hieronder indien jy meer inligting verlang.

WIL JY SO BIETJIE GEWIG AFSKUD OF NET LEKKER “SHAPE & TONE”?.

FYN LYN is ‘n gesonde leefstyl program wat ontwerp is om mense te help om op ‘n maklike en volhoubare manier gesonde leefstyl gewoontes te kweek en op so manier hulle doelwitte te bereik.

Van eet programme tot motiverings boodskappe, gesonde resepte en oefen sessies is hierdie program ontwerp om jou op alle moontlike vlakke te help en te ondersteun om ‘n sukses te maak.

Vir meer inligting, druk op die knoppie hieronder.

Ontwerp om kinders te leer hoe om oefeninge korrek en optimaal uit te voer.

Kinders leer basiese anatomie van die belangrikste spier groepe soos wat hulle oefen.

Die program word weekliks aangebied om 14:00 in die middae. Maandae en Woensdae by ons Groenvlei tak en Dinsdae en Donderdae by ons Universitas tak.

Vir meer inligting kliek op die knoppie hieronder.

This program is designed to enhance your performance and lower the risk of injury.

Shoulder, core, hip and lower limb stability forms the foundation for speed and agility training.

The ability to change direction in split seconds while maintaining good stability is crucial for the perfect shot.

We’ll even help you to give your cardiovascular fitness a slight push in the right direction.

   DOCTOR

Back To Top