Ek kom van n klein dorpie af in Mpumalanga, waar ek al basically my hele lewe lank bly , en daarom het ek ‘n amazing kinder lewe gehad ( in die modder en so aan) , wat deesdae bietjie skaars is. Ek was baie geseënd om van n jong ouderdom al agter te kom wat my gelukkig maak en te sien wat eintlik saak maak in die lewe.
Ek is vreeslik lief vir my family, en ek is ” blessed beyond measure ” met my gesin. So daars my pa , my ma en my broer , eks die laat lammetjie.
Ek het vir lank gesukkel om my doel en talent te identifiseer en so half net my “gut feeling ” en happiness gevolg met my studie rigting , all wat ek geweet het is ek is mal daaroor om met mense te werk , en ek wil nie in n kantoor agter n rekenaar sit die hele dag nie. Deur die journey hier in bloemfontein het Jesus net vir my soveel insig gegee oor wie ek is en wat ek vir mense wil doen , toe wys HY my net my gift is mense.
God het vir my n amazing gift gegee om met mense te werk , te relate , te help en te verstaan en in daardie tyd het die Praktyk op my pad geval. Ek het net geleer om soos n kind te vertrou en om alles voor my met volle vriendlikheid , deernis en willskrag aan te pak.
En ek kan nie wag om te sien waar my pad saam julle orals gaan gaan nie.


